Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, loop die laaste ruk erg deur onder kritiek uit alle oorde.

Die Nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, advokaat Shamila Batohi, het gesê dit is juis een van die aanduidings dat die wiele van geregtigheid besig is om te draai.

Sy het gesê die aanhoudende aanvalle op die vervolgingsgesag is ʼn teken dat diegene wat vervolg word, die werk van die NVG probeer ondermyn.

Batohi het gisteroggend in die parlement gepraat en het aan Suid-Afrikaners die versekering gegee dat straffeloosheid nie meer in die land geduld sal word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×