Die Nasionale Vryheidsparty dreig met regstappe teen die Minister van Gesondheid oor ‘n middel vir die behandeling van Covid-19

Die Nasionale Vryheidsparty dreig met regstappe teen die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, en die reguleringsowerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte oor ‘n middel vir die behandeling van Covid-19.
Luidens berigte word daar in ‘n brief ge-eis dat die gebruik en vervaardiging van die middel Ivermectin vir die behandeling van Covid-19 pasiënte dringend goedgekeur moet word.
Die regering is deur die NVP tot die einde van vandag gegee om op die brief te reageer.
Shaik Imam, ‘n Parlementslid vir die NVP, sê luidens navorsing dit daarop dui dat die middel positiewe resultate lewer in die behandeling van Covid-19 pasiënte.
‘n Bloemfonteinse Apteeker het aan Rosestad bevestig dat Ivermectin word tans in Suid-Afrika net vir dieregebruik goedgekeur.

Luister na potgooie hieronder