Die NDBV het ‘n dringende hofaansoek teen die heropening van die
Bloemfontein-dieretuin van stapel gestuur.
Die finale uitspraak is hangende en is tot
September 2024 uitgestel. Die Hof het egter ‘n tussentydse bevel op 15 Augustus 2024
toegestaan wat die Bloemfontein-dieretuin verbied om enige diere te ontvang, asook om te
heropen totdat ‘n finale uitspraak gelewer is.
Die NDBV sê dit bly standvastig en
vasberade in sy teenkanting teen die heropening van die Bloemfontein-dieretuin, na
aanleiding van die grusame dieremishandeling en wanbestuur wat plaasgevind het onder
die hande van die einste mense wat van plan is om dit te heropen.