Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is bekommerd oor die departement van korrektiewe dienste (DKD) se kostebesnoeiingsmaatreëls.

Dit aangesien die maatreëls glo ‘n regstreekse uitwerking op die diere in die land se 21 korrektiewe sentrums het.

Die organisie sê, volgens Maroela Media, dat sommige van die diere onderandere varke, beeste en pluimvee nou kritieke voedseltekorte in die gesig staar.

Volgens ‘n woordvoerder van die DKD bedryf die departement hoofsaaklik landbousentrums om selfonderhoudend te wees en om voedselproduksie vir gevangenes te verseker.

Hoewel daar uitdagings by sekere sentrums is, het die departement reeds regstellende maatreëls ingestel om die tekort aan dierevoer te uit te sorteer, asook is bykomende hulpbronne ontplooi om uitdagings te hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×