Die lyk asof die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, sy gemeenskapsdiens by die NG Kerk naaste aan sy oom Arnold se huis in Waterkloof gaan doen. Hy woon tans daar. Die moderator van die NG Kerk, ds Jan Lubbe, het in reaksie op die gerugte aan Netwerk 24 gesê Pistorius sal egter dieselfde prosesse as enige ander lidmaat moet volg. Lubbe het gesê Pistorius is welkom om sy gemeenskapsdiens by die NG Kerk te doen. Dit sal afhang van die plaaslike kerkraad watter diens hy kan doen. Lubbe het bygevoeg die kerke in sy omgewing het baie geleenthede en dit sluit werk op grondvlak in. Pistorius is nie in die openbaar gesien sedert hy Vrydag op parool vrygelaat is nie. Volgens vroeëre berigte het Pistorius baie godsdienstig geword in die tronk. Ds Bernice Strydom, leraar van die NG Kerk Waterkloof, het gesê die Pistoriusse is lidmate van die kerk maar gaan uit respek vir die familie nie kommentaar lewer nie. Die woordvoerder van die departement Korrektiewe Dienste, Singabakho Nxumalo, het na Pistorius se vrylating gesê geen inligting oor sy gemeenskapsdiens sal aan die publiek bekend gemaak word nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×