Die NG-kerk Vrystaat, het onlangs ‘n kragtige ramphulpnetwerk tot stand gebring.

Dominie De La Harpe le Roux, wie ook by Towers of Hope in Bloemfontein betrokke is, het gesê daar kan eenvoudig nooit te veel uitgereik word na mense wat in sak en as is nie.

Volgens hom is dit ongelooflik om te sien hoe ‘n gemeenskap sy mense in tye van nood onderskraag.

Die hulpnetwerk het ook ten doel om steun aan nooddienstewerkers te verleen.

Daar is tans ongeveer 140 mense wat onverpoosd vlamme in die Brandfort-omgewing help blus.

Toe Le Roux nog die woord wou versprei om skenkers te nader, het ‘n boer van die Soutpan-distrik reeds aangebied om gratis drinkwater te verskaf.

Gemeentes moet Le Roux asseblief laat weet wat die behoeftes is. Mense wat skenings wil maak, of andersins wil help, moet ook ‘n WhatsApp-boodskap stuur na 083 232 1051.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×