Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, en sy Ondersoekdirektoraat het nie die fondse om korrupsie- en staatskapingsake te hanteer nie. Dit is volgens die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola. Hy het op ‘n geskrewe parlementêre vraag van die DA-leier, John Steenhuisen gereageer. Lamola het aan EWN gesê hul begroting is steeds onvoldoende om die land se talle korrupsiesake te hanteer. Dit is ten spyte daarvan dat die begroting op mediumtermyn met vyf-komma-drie-nege persent verhoog is. Lamola het gesê die verhoging is in der waarheid onder die ininflasiekoers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×