Teen 1uur vanmiddag sal die noodsuurstofvoorraad van die Titan-duikboot uitgeput wees.

Die Titan, met vyf mense aanboord, het Sondag in die dieptes van die Noord-Atlantiese Oseaan, satellietkontak met die buitewêreld verloor.

‘n Reuse soek-en-reddingspoging duur voort na die onderwatervaartuig, wat passasiers op ‘n besigtingings-ekspedisie na die skeepswrak van die Titanic sou neem.

Die soektog fokus nou waar onderwatergeluide gister met behulp van sonartoerusting gehoor is.

Kenners kon nie die aard van die geluide identifiseer nie, maar reddingspersoneel glo dit beteken die insittendes kan nog leef.

Meer as 1 500 mense is dood toe die Titanic in 1912 gesink het, nadat dit ‘n ysberg getref het.

Die wrak se watergraf is bykans 4 kilometer onder die see se oppervlak..

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×