Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê inwoners in die noordelike deel van Bloemfontein sal moontlike wateronderbrekings vir 12 ure ervaar. Die wateronderbrekings sal vanaand om 18:00 uur begin.
Areas wat moontlik beinvloed sal word sluit in: Bayswater, Dan Pienaar, Heuwelsig asook Pentagon Park en die Northridge-area.
Die Maselspoort-watersuiweringsaanleg sal buite werking wees as gevolg van die installering van ‘n hoë hysbakmeter. Die Metro versoek inwoners om in dié tydperk water spaarsamig te gebruik.