Die nasienproses van die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen het begin.

Volgens die LUR vir Onderwys in die Vrystaat, Mantlhake Julia Maboya, is die departement vol vertroue dat die nasieners hul nasionale plig met die grootste professionaliteit, toewyding en sorg sal uitvoer.

Die nasienproses is geskeduleer om tot 14 Desember by 20 geselekteerde sentrums regoor die provinsie plaas te vind. Alle merksentrums is met nodige fasiliteite en rugsteunhulpbronne soos kragopwekkers, watertenks, sonpanele en boorgate toegerus.

Altesaam 2 240 nasieners is aangestel om die eksamens na te sien.

Die Vrystaat se provisiale NSS-uitslae sal op 14 Januarie by die jaarlikse Welgedaan-funksie vrygestel word

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×