Die nuut-aangestelde ministers en adjunkministers word ingehuldig

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo het die nuut-aangestelde ministers en adjunkministers, wat tydens gisteraand se kabinetsverandering deur President Cyril Ramaphosa aangekondig is, ingehuldig.

Volgens Netwerk 24 het die nuwe minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, die nuwe Minister van Gesondheid, Joe
Phaahla asook die nuwe Minister van Finansies, Enoch Gondongwana, alreeds hulle ampsede afgelê.

Soos vroeër berig, vervang Gondongwana vir Tito Mbewni, wat sy uittrede aangekondig het.

Phaahla vervang Zweli Mkhize wat bedank het weens die Digital Vibes-skandaal.

Nege ministers en elf adjunkministers word deur die kabinetskuiwe geraak.

Luister na potgooie hieronder