Die nuwe Eskom-raad sal voorsien word van die nodige hulpbronne sodat die kragvoorsiener maniere kan vind om ‘n einde te bring aan die voortslepende beurtrkrag ,dit aldus President Ramaphosa. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het die nuwe raad Vrydag aangekondig. Die raadslede is kenners op die terreine van ingenieurswese, energie-beleid en elektrisiteitslewering. André de Ruyter bly aan as Eskom se bestuurshoof. Ramaphosa het ANC-lede in die Noord-Kaap toegespreek as deel van die party se Letsema-veldtog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×