Die nuwe jaar kan moontlik op ʼn positiewe noot begin vir Suid-Afrikaanse motoriste. Daar word voorspel dat daar ‘n beduidende daling in petrol- en dieselpryse kan wees in Januarie. Dit is volgens die Sentrale Energiefonds se jongste data. Petrol sal na verwagting met meer as een-rand-50 sent daal, terwyl diesel met ‘n veel groter drie-rand-50 sent kan daal. Dit kan toegeskryf word aan die daling in globale oliepryse.