Die nuwe kragtariewe van die Mangaung Metro is deur Nersa onwettig verklaar

Leidens ‘n brief van adv. Nomalanga Sithole, die waarnemende uitvoerende hoof van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, wat aan Malefane Sekoboto, die uitvoerende hoof van Centlec, kragverspreider van die Mangaung Metro in
Bloemfontein gestuur is, mag die kragverspreider nie die hemelhoë, onwettige kragtariewe op die metro se inwoners afdwing waarvoor Nersa nie goedkeuring verleen het nie.

Netwerk24 berig Hardie Viviers, DA-koukusleier van die Mangaung Metro, het Woensdag in ‘n verklaring gesê volgens Nersa kan die nuwe tariewe nie geïmplementeer word nie omdat dit teen die lisensievoorwaardes is.

AfriForum het intussen ook bekend gemaak dat hy beplan om die Mangaung Metro hof toe te neem oor die instelling van die nuwe tariewe, op 1 Julie, wat nie deur Nersa goedgekeur is nie.

Luister na potgooie hieronder