Die nuwe leier vir die tussentydse ANC-taakspan word aangewys

Mxolisi Dukwana, voormalige Vrystaatse LUR, gaan die tussentydse taakspan in die Vrystaat lei.

Die aankondiging is deur Jesse Duarte, sekretaris-generaal van die ANC gemaak.

Volgens Netwerk 24 word Dukwana, ‘n bondgenoot van president Cyril Ramaphosa, bygestaan deur Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, wat die adjunk-sameroeper sal wees, asook Paseka Nompondo, wat die koordineerder sal wees.

Elsabe Rockman, voormalige LUR vir finansies in die Vrystaat, is ook deel van die span.

Luister na potgooie hieronder