Ds Jan Lubbe, ‘n jarelange predikant van die NG Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein, is tydens die NG Kerk se 18de vergadering van die algemene sinode as moderator aangewys. Die algemene sinode vind dié week in Boksburg plaas en met 370 afgevaardigdes van die tien samestellende kerke is hierdie sinodesitting die grootste sedert 2011. Lubbe se kollegas het hom as ‘n middelgrond-mens beskryf, ‘n ware gereformeerde teoloog, wat belydenisgetrou is met geen truuks nie. Hy is ook as behoudend maar nie eng en verstok nie beskryf. Lubbe is sedert 1997 die predikant by Berg-en-Dal en tans die voorsitter van die Vrystaatse sinode. Lubbe het aan Netwerk 24 gesê hy is gespanne oor die pad vorentoe want daar is baie besluite wat geneem moet word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×