Terwyl die nuwe nasionale minimum loon van R25,42 ten doel het om werkers finansiëel op te hef, en die ekonomie te stimuleer, gaan dit in alle waarskynlikheid meer werkloosheid beteken, en kan dit sélfs voedselsekerheid bedreig.

Die nuwe minimum loon wat begin Maart in werking tree, is 9,6% hoër as die vorige minimum loon van R23,18.

Die landbouvereniging, TLU SA, meen die regering het tred met die tyd verloor en dat hy besig is om werkgewers blatant uit te buit.

Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het gesê enige styging in koste plaas boere verder onder druk.

Daar word verwag dat talle plaaswerkers, huiswerkers en werkers in alle ander sektore, weens afleggings hul inkomste kan verloor, wanneer dit onmoontlik vir werkgewers word om die mas finansiëel op te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×