137 kardinale sal binnekort in die Sistynse Kapel vergader om ’n nuwe pous te kies wat die koers van die Katolieke Kerk vir die toekoms sal bepaal.

Rosestad-nuus het vroeër berig dat Pous Franciskus Maandagoggend in die ouderdom van 88 oorlede is.

LEES OOK: Die Pous is dood

Hy was vroeër vanjaar vir meer as vyf weke in die hospitaal om vir dubbele longontsteking behandel te word.

Volgens Sky News sal 137 kardinale onder die ouderdom van 80 binnekort in die Sistynse Kapel in die Vatikaan vergader vir die pouslike konklaaf om ’n nuwe leier van die Katolieke Kerk te kies.

Die nuwe pous sal uit die 137 stemgeregtigde kardinale gekies word en sal bepaal watter rigting die Katolieke Kerk in die komende jare inslaan.

error: Inhoud is beskerm !!