Die NVG het bevestig dat hy geweier het om vier strafregtelike klagtes te ondersoek wat wyle luitenant-kolonel Charl Kinnear ingedien het vóór hy doodgeskiet is

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat hy geweier het om vier strafregtelike klagtes te ondersoek wat wyle luitenant-kolonel Charl Kinnear ingedien het vóór hy by sy huis in Kaapstad doodgeskiet is.

Die polisie-waghond OPOD het die sake na die NVG verwys.

Woordvoerder Eric Ntabazalila sê hulle het die klagtes met Kinnear bespreek, wat die NVG se argument aanvaar het dat daar geen redelike vooruitsigte vir ‘n suksesvolle vervolging was nie.

Ntabazalila het nie uitgebrei oor die aard van Kinnear se klagtes nie.

Luister na potgooie hieronder