Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, sê die Departement van Binnelandse sake is besig om die identiteit van die man wat na bewering die Usindiso-gebou brand in Johannesburg begin het, te verifieer. Die man het verlede week aan beide die Kommissie van Ondersoek wat die voorval ondersoek en die NVG erken dat hy die brand in Augustus verlede jaar begin het, waarin 76 mense dood is.
Ten spyte daarvan dat hy aan die ondersoek gesê het dat hy 29 jaar oud is, sê die NVG hy is 30 jaar oud, terwyl sy prokureur aan die lede van die media gesê het hy is 31. Hy het gister sy tweede verskyning in die Sentrale Landdroshof in Johannesburg gemaak, waar sy prokureur aangekondig het hy is nie van plan om in hierdie stadium om borgtog aansoek te doen nie.