Die Nasionale Vervolgingsgesag, NVG, sê hulle is gereed vir die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, se verhoor.

Dit, ten spyte daarvan dat hulle gevra het dat die saak van Februarie na Julie geskuif word. Daar is ooreengekom om die verhoor vir 21 Julie tot 21 September op die hoofrol van die hooggeregshof in Bloemfontein te plaas.

SABC News berig Bester staan op aanklag van ontsnapping tereg. Dit terwyl sy medebeskuldigdes, insluitend sy vriendin, ​​tereg staan op aanklagte van onder meer korrupsie, die skending van ‘n liggaam, regsverydeling asook om ‘n gevangene te help ontsnap.

Volgens NVG-woordvoerder, Mojalefa Senokotsoane, het hulle omvattende bewyse ingesamel en hulle bly daartoe verbind dat geregtigheid gedien word.

error: Inhoud is beskerm !!