Die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) het op sowat R52,5 miljoen, wat in agt Namibiese bankrekeninge gehou word, beslag gelê.
Volgens ‘n NGV-woordvoerder word die geld glo met ‘n onwettige steenkoolmyn verbind. Die egpaar Jacobus en Elza Jordaan is van die hoofbeskuldigdes in dié onwettige steenkoolmynsaak.
Die saak is Desember verlede jaar na die hooggeregshof in Mbombela vir verhoor oorgeplaas, en sal in November hervat word.
Die NGV sê die onwettige finansiële voordeel wat die beskuldigdes uit die onwettige steenkoolmyn en ander misdrywe in Mpumalanga verkry het, beloop na bewering minstens R2 miljard.