Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, se appèlaansoek rakende die uitspraak in die land se eerste staatskapingsaak, het gister in die Bloemfonteinse hooggeregshof misluk.

Die NVG se aansoek volg nadat al die beskuldigdes in die R24,9 miljoen Nulane-saak van alle aanklagte teen hulle vrygespreek is.

Die Nulane-saak is een van die sake waarvoor Suid-Afrika ‘n uitleweringsaansoek aan die Verenigde Arabiese Emirate gerig het vir die Gupta-broers, Atul en Rajesh.

Die uitleweringsaansoek het egter misluk.

Die beskuldigdes is vrygespreek van aaklagte wat bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansies ingesluit het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×