Die NVG vries Iqbal Sharma se bates

Die hooggeregshof in Bloemfontein het ’n aansoek van die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekende direktoraat  toegestaan om die bates van Iqbal Sharma, sy maatskappy sowel as ’n Gupta-maatskappy te bevries. So berig Netwerk24.

Luidens berigte is dit van toepassing op bates in Suid-Afrika. Dit sluit alle eiendom van Islandsite,  Sharma en sy vrou, Tarina Patel-Sharma, sowel as die eiendom van sy maatskappye, insluitend twee wat in die  Verenigde Arabiese Emirate geregistreer is, in.

Volgens Rudolph Zinn, polisiekundige van Unisa, is dit die eerste groot stappe in die regte rigting.

Luister na potgooie hieronder