Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag gaan hy nuwe strategieë in werking stel om hofsake gouer af te handel en toe te sien dat reg en geregtigheid in die land vinniger geskied. Rodney de Kock, die hoof van die NVG se vervolgingsdiens,sê dié stappe moet gedoen word om landsburgers se vertroue in die regstelsel te herstel. De Kock het die inligting bekendgemaak op ‘n konferensie van die Polisie, die NVG en die Valke in Mahikeng in Noordwes. Hy sê sy afdeling doen alles in sy vermoë om toe te sien dat ondersoeke vinniger afgesluit word sodat sake ook gouer in howe afgehandel kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×