Die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein het vir ‘n derde agtereenvolgende jaar wenners opgelewer in die nasionale ensemble-kompetisie van die SA-vereniging vir musiekonderwysers.
Die pianis Karlin Kock en tjellis Willie Naudé, het as die Rose Duo die eerste plek in die opeafdeling behaal.
Netwerk24 berig albei hierdie derdejaar B-Mus-studente het die beoordelaars met hul musikaliteit en tegniese vaardighede beïndruk.
Nicolene Gibbons en Anmari van der Westhuizen is die dosente wat leiding aan die wenners gegee het.
Altesaam 250 musikante het in 45 ensembles aan vanjaar se kompetisie deelgeneem. free QR code Generator