Luidens die Departement van Korrektiewe Dienste is Nishani Singh die naweek in die Johannesburgse Chris Hani Baragwanath-hospitaal oorlede.

Singh en haar broer Rushil is in hegtenis geneem na bewerings dat hulle Investec Bank uit honderde miljoene rande bedrieg het.

Die omstandighede rondom asook die oorsaak van haar dood is nog nie deur die departement bekend gemaak nie.

Laudium Sun berig Singh het by haar borgtogverhoor in ‘n ‘n rolstoel verskyn en by die hof gepleit om haar borgtog toe te staan ​​aangesien sy aan tuberkulose en longontsteking gely het. Sy was glo bang dat sy nie die nodige behandeling in die tronk sou kry nie, Borgtog is egter vir beide haar en haar broer geweier en die twee is sedertdien in aanhouding.

Die likwidateurs, Cloete en Thomas Murray, is verlede jaar in Johannesburg vermoor terwyl hulle die Singhs ondersoek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×