Die omstandighede waaronder die liggame van drie moordslagoffers vroeër vandag in ‘n huis in die Wilgehof-woonbuurt in Bloemfontein gevind is, word as uiters raaiselagtig bestempel.
Volgens inligting van ‘n onberispelike bron, het nooddienste-personeel al drie die slagoffers op die toneel dood verklaar.
Daar is nie gesê hoe hulle doodgemaak is nie.
Terwyl ‘n onbekende, maar groot bedrag geld, glo vermis word, is dit nie in hierdie stadium bekend of roof die werklike, of enigste motief vir die moorde is nie.