Die omstrede Wilgenhof-manskoshuis sal in sy huidige vorm sluit en met ’n herverbeelde en verjongde manskoshuis vervang word.

News24 berig dat die besluit deur die Universiteit Stellenbosch (US) se raad ‘n breuk met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede sal maak.

Die paneel het in sy verslag die permanente sluiting van Wilgenhof aanbeveel, weens die inhoud wat vroeër die jaar in twee kamers gevind is.

Een van die kamers, Hool 88, was waar Wilgenhof se interne dissiplinêre komitee, bekend as die Nagligte, snags glo sy dissiplinêre aktiwiteite uitgevoer het, terwyl die ander vertrek, ‘n klomp Nagligte kostuums, skoene en toebehore bevat het.

Die koshuis sal naverwagting gedurende 2026 weer heropen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×