Die inval van Russiese magte in die Oekraine het die meeste mense in Europa gedood sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die New York Times berig teen einde Julie is 9-duisend burgerlikes al dood en meer as 16-duisend beseer volgens die Verenigde Nasies se hoë kommissariaat vir menseregte, of HKMR. Byna ‘n halfmiljoen soldate is al dood of beseer. Die koerant het Amerikaanse amptenare aangehaal wat gesê het tot 120-duisend Russiese troepe is al dood en tot 180-duisend is beseer. Sowat 70-duisend soldate van die Oekraine is dood en bykans 120-duisend is gewond. Russiese amptenare het in September 2022 gesê dié hoë getalle is propaganda en dat slegs 6-duisend Russiese soldate sedert die begin van die oorlog dood is. Die Russe se verliese is sedertdien ‘n staatsgeheim.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×