Die Onafhanklike Eksamenraad sê ‘n aantal matriekleerlinge van private skole het hul studies gestaak

Die Onafhanklike Eksamenraad sê ‘n aantal matriekleerlinge van private skole het hul studies gestaak weens die Covid-19 pandemie.

Die raad het bekendgemaak dat 98% van matrikulante van onafhanklike skole die 2020-matriekeksamen geslaag het.

Die bestuurshoof, Anne Oberholzer, sê die pandemie het klasse by talle skole ontwrig.

Sy sê baie skole het omgeskakel na afstandonderrig om die skooljaar te red.

Luister na potgooie hieronder