Die onafhanklike paneel wat oorweeg of president Cyril Ramaphosa ‘n vervolgingsondersoek in die gesig moet staar, sê hy het meer tyd nodig om so ‘n komplekse taak te voltooi. Daar is verwag dat die paneel van drie lede sy beoordeling van prima facie-bewyse teen môre sou voltooi. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het op versoek van die paneelvoorsitter regter Sandile Ngcobo ingestem om die sperdatum tot die einde van die maand te verleng. Die paneel oorweeg of Ramaphosa moontlik onaanvaarbare misdrywe gepleeg het wat verband hou met die beweerde toesmeer van die diefstal van Amerikaanse dollars vanaf sy Limpopo-plaas, Phala Phala.