Die Spesiale Ondersoekeenheid se beplande ondersoek na die waterpypleidingprojek vanaf die Sandvet-kanaal na Brandfort in die Vrystaat word deur die DA verwelkom.
Brandfort-inwoners staar steeds gereelde watertekorte in die gesig, wat soms dae of weke duur, ondanks aansienlike beleggings sedert 2017.
Hoewel tydelike watertenkwaens voorsien word, is die gemeenskap se behoeftes volgens die DA steeds onbevredig. Die DA se Marieta Visser doen ‘n beroep op die eenheid om die ondersoek te bespoedig en dat die munisipaliteit regstellende maatreëls tref.