Die twee getuienisleiers in die parlementêre artikel 194-proses teen die geskorste Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, is skynbaar reeds miljoene rand vir hul dienste betaal.
Die twee advokate se uurlikse tarief beloop amper R3000 per uur.
Die twee advokate het die afgelope jaar feitlik elke dag aan die saak gewerk.
Die massiewe koste van die saak vir belastingbetalers het onder die vergrootglas gekom ná probleme met Mkhwebane se regskoste.
Die komitee se voorlopige verslag, wat Maandag bekend gemaak is, dui daarop dat Mkhwebane onbevoeg was terwyl sy dié amp beklee het.
Die Estina/Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat word ook genoem as een van die ondersoeke wat Mkhwebane glo nie na wense gelei het nie.