Die ondersteuning wat Zuma van ANC-lede ontvang, ontbloot die faksionalisme binne die regerende party

Die politieke ontleder, Yusuf Ismail, sê die ondersteuning wat oudpres. Jacob Zuma van sommige ANC-lede, soos geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Tony Yengeni, ontvang,
ontbloot die faksionalisme binne die regerende party.

Hy sê ook die ANC se uiteenlopende reaksie op die Zuma-kwessie kan lei tot die ineenstorting van die party se strukture.

Intussen verskyn die gewese president na verwagting môre in die Pietermaritzburgse hooggeregshof om ‘n hofbevel aan te vra teen die minister van Polisie, Bheki Cele.

Die hofbevel is om te verhoed dat hy in hegtenis geneem word, voordat die Grondwet Hof sy aansoek vir die herroeping van sy vonnis aanstaande Maandag aanhoor.

Luister na potgooie hieronder