Te midde van ’n regstryd, oor die publikasie van die 2024-matriekuitslae, is die departement van basiese onderwys (DBO) met R5 miljoen beboet.
Die Inligtingsreguleerder (IR) het verlede maand ‘n kennisgewing van afdwinging uitgereik wat daarop gemik is om die vrystelling van matriekuitslae in plaaslike koerante te voorkom.
Ten spyte van die DBO se pogings om die kennisgewing in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria te betwis, het die IR, volgens The Citizen, met die boete voortgegaan. Om te verseker dat die department leerlinge se uitslae deur Popia-goedgekeurde metodes sal deel, moes die departement binne 31 dae bevestig dat hulle nie die matriekuitslae sou publiseer nie.
Volgens die IR het hulle egter versuim om dit te doen, wat tot ‘n administratiewe boete van tot R10 miljoen, skuldigbevindings en selfs tronkstraf kan lei.