Die minimum vereistes vir infrastruktuur by SA se nagenoeg 25 000 openbare skole is weereens in die Staatskoerant gepubliseer. Alle skole in die land staan nou verplig om binne die volgende 12 maande aan die voorgeskrewe energie-, sanitasie- en infrastruktuurstandaarde te voldoen.
Die departement van basiese onderwys het vorige kere tot soveel as 18 maande hiervoor toegelaat. Minimum vereiste regulasies is die eerste keer in 2013 gepubliseer. Die departement het spertye egter voortdurend verleng. Teen 2023, toe alle verbeterings lank reeds voltooi moes wees, is daar berig dat meer as 3 000 van Suid-Afrika se openbare skole steeds geen spoeltoilette het nie.