‘n Vrystater sal van Oktober af die leisels van die Suid-Afrikaanse Onderwysers-unie, of SAOU, oorneem.
Die 56-jarige Paul Sauer, wie tans skoolhoof van Hoërskool Goudveld in Welkom is, het volgens die vakbond se dagbestuur die nodige ondervinding as bewese SAOU-leier.
Hy is 11 jaar gelede verkies tot voorsitter van SAOU se Vrystaat-been en dien die afgelope 5 jaar as SAOU se vise-president.