Die onderwysvakbound Sadou dreig met regstappe oor die Departement van Basiese Onderwys se besluit dat twee matriekvraestelle weer geskryf moet word

Die onderwysvakbound Sadou dreig met regstappe oor die Departement van Basiese Onderwys se besluit dat twee matriekvraestelle weer geskryf moet word. Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys, het Vrydag aangekondig dat Wiskunde Twee op 15 Desember en Fisiese Wetenskappe Twee op 17 Desember oorgeskryf sal word. Weens die feit dat dié vraestelle vroeër uitgelek het. Volgens Mugwena Maluleke, Woordvoerder van Sadou, regverdig die klein getal matrieks wat toegang tot die uitgelekte vraestelle kon hê, nie die herskryf van die vraestelle nie. Intussen is ‘n werknemer van ‘n drukkery wat die vraestelle gedruk het, in hegtenis geneem in verband met die uitlek van die vraestelle.

Luister na potgooie hieronder