Die onlangse massa-uitslag van 3,5 miljoen hoenders in Suid-Afrika as gevolg van voëlgriep (Avian Influenza) is ‘n rede tot ernstige kommer vir Vrystaatse boere. As dit met die Pluimveebedryf kan gebeur, kan dit ook met beeste, skape, varke, perde, ens gebeur,  sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).    Net soos in pluimvee, waar entstowwe streng gereguleer word en as ‘n reël nie vir voëlgriep gegee word nie aangesien dit te vinnig muteer, kan entstowwe vir bek-en-klouseer slegs deur die departement se staatsveeartse gegee word. Die ander groot risiko is die vermoë van die staatsbeheerde en enigste verskaffer van entstowwe, Onderstepoort se Biologiese Produkte Laboratorium (OBP), om genoeg entstof betyds te vervaardig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×