Die dodetal ná verlede naweek se oorstromings in die Nelson Mandelabaai-metro, het tot tien gestyg, toe die liggaam van ‘n vrou gister langs die Swartkopsrivier by Kariega
gevind is. Swaar reën en stormagtige weer het grootskaalse skade in baie dele van die metro aangerig. veral Kariega – voorheen bekend as Uitenhage, die Walmer woongebied in Gqberha, asook Blue Horizon Bay, is erg getref is.

Thomas Cameron, munisipale rampbestuursbeampte, sê meer as 570 inwoners is gedurende die vloede uit skuilings ontruim. Die ontheemdes word tydelik, in onder meer studenteverblyfgeriewe, gehuisves.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×