Die onluste in Bloemfontein is amptelik afgestel

Die onluste in die Mangaung-metro in Bloemfontein en omliggende dele is amptelik afgestel.

So het Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Woensdagaand aangekondig.

Netwerk 24 berig dat ooreenkomste bereik en geteken is tussen die provinsiale regering, die Mangaung-omgeegroep en die metro.

Dit volg na ‘n marathon-vergadering in die kantoor van Sisi Ntombela, Vrystaatse premier.

‘n Taakspan is by die provinsiale regering aangestel wat deur Nxangisa gelei sal word.

Die span sal Dinsdae met die Mangaung-omgeegroep vergader en verslag sal gedoen word oor aspekte soos verbetering van munispale dienslewering, en die skepping van werkgeleenthede vir plaaslike inwoners.

Luister na potgooie hieronder