Die ontslape Tina Joemat-Pettersson, het luidens gerugte, etlike dae voor haar skielike dood, met die Ondersoekdirektoraat vergader, om ‘n beëdigde
verklaring oor die R280-miljoen Estina-suiwelprojek te finaliseer.
Joemat-Pettersson was destyds die minister van Landbou, toe ‘n Gupta-gekoppelde maatskappy na bewering dié buitensporige bedrag vir ‘n mislukte suiwel-projek in Vrede in die Vrystaat betaal is.
Die Estina-saak-voorverhoor is vir Augustus op die hofrol van die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein geplaas.
Die 59-jarige Joemat-Petterson is verlede Maandag in haar huis in Kaapstad dood.