Die ontstaan van minstens ses veldbrande die afgelope tyd in die Leeuberg-gebied by Bloemfontein kan waarskynlik aan brandstigting toegeskryf word. Dit aldus Dave Fourie, hoof van die Leeuberg Landelike Assosiasie. Die motief vir brandstigting is nie altyd bekend nie, maar kan glo in baie gevalle as blote terreurdade bestempel word. Fourie het gewaarsku dat ons nou die sogenaamde brandseisoen binnegaan en het mense gemaan om uiters versigtig te wees, en om alle moontlike voorsorg te tref. Hy het gesê dat dit nou die tyd is om nuwe brandbane te maak en ook om bestaande brandbane instand te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×