Die onwettige jag met honde bly, volgens Lucky Olifant van die Bloemfonteinse Diere Beskermings Vereniging (DBV), ‘n groot uitdaging in die Vrystaat.
Die DBV is deur ‘n besorgde hondeienaar gekontak, nadat sy hond gesteel is. Hy het aan Olifant verduidelik dat sy hond tydens jag beseer is en sonder enige veeartsenykundige behandeling vrygelaat is. Ystervarkpenne asook skedels en velle van wilde diere is op die eiendom van die verdagte tydens ‘n ondersoek gevind.
‘n Saak van dieremishandeling is aanhangig gemaak en die verdagte is deur die SAPD inhegtines geneem. Luidens ‘n boodskap op die Bloemfontein DBV se sosiale media, sal hulle aanhou veg vir diere asook dat hulle verseker dat geregtigheid vir die stemlose gedien sal word.