Die Transvaal Agricultural Union van Suid-Afrika (TLU SA) sê hulle is bekommerd oor die onwettige jag met honde wat in landbougebiede, veral in die Vrystaat, handuit ruk.
Dit ten spyt van bestaande wetgewing en riglyne wat oortreders aanspreeklik kan hou.
The Citizen berig volgens die organisasie word meer voorvalle aangemeld waar individue sonder toestemming op privaat eiendom met honde instap en wild of vee jag. Hierdie optrede lei tot verliese, strukturele skade, en skep ‘n klimaat van wetteloosheid op plase.
TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, waarsku hulle sien ‘n gevaarlike patroon van onregmatige betreding wat tot ernstige en selfs georganiseerde misdaad kan lei.
Hy voeg by dat dit nie langer geïgnoreer kan word nie.
Volgens TLU SA se Veiligheidskomitee dien hierdie tipe onwettige jag dikwels as dekmantel vir ander misdade soos veediefstal, intimidasie en selfs geweldsmisdade.