Verskeie berigte van kinders en volwassenes wat baba hondjies op die straathoeke in die Mangaung Metro verkoop, laat die Bloemfontein DBV bekommerd.

Hulle vra Bloemfonteiners om sulke gevalle aan te meld, aangesien dit nie net ingevolge die munisipale verordeninge onwettig is om die hondjies sonder ‘n permit te verkoop nie – maar ook omdat welsynskwessies dikwels hiermee gepaart gaan.

Luidends die DBV vind hulle gewoonlik tydens inspeksies dat die diere onder andere bosluisbehandeling benodig en ook dat daar soms nie voldoende kos, water of skuiling aan die diere voorsien word nie. Die DBV raai Bloemfonteiners aan om nie die verkopers te konfontreer nie maar om hulle eerder by die DBV aan te meld.

Die DBV kan onderskeidelik by 051 447 3801 en 078 322 8332 bereik word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×