Die brug in Vereeniging-rylaan in Bloemfontein wat in Februarie vanjaar reeds voltooi is, is steeds vir verkeer gesluit.

‘n Beswaarskrif met 661 handtekeninge is in Augustus by Enoch Godongwana, minister van finansies, ingedien oor die brug en padverlengings in Vereeniging-rylaan.

Rosestad-nuus het destyds berig die brug en verlengde deel van die pad, wat toe reeds meer as 80% voltooi was, gaan nie oopgestel word nie, omdat die kontrakteur blykbaar 12 miljoen rand verskuldig is.

‘n Toelaag is skynbaar van die nasionale regering bekom vir die brug en die verlenging van die pad.

Dave McKay, DA-raadslid in die Mangaung-metro, meen juis daarom moet die geld om die kontrakteur te betaal, geredelik beskikbaar wees.

Die ontoeganklike brug kom inwoners hier duur te staan, aangesien dit tyd en geld kos om ‘n lang ompad te ry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×