Die oorsaak van Woensdagmiddag se ontploffing in Breestraat in die Johannesburgse middestad, kan luidens ‘n verklaring deur die stadsbestuurder dalk een van drie moontlikhede wees. In sy verklaring hou Floyd Brink die moontlikhede soos volg voor:
· Die ontbranding van metaangas;
· Die ontbranding van aardgas, gemeng met lug in die stormwater-dreineringstelsel
· En die ontbranding van gas uit ‘n gastoevoerpyp

Brink het ook bevestig die geboue in die Breestraat-omgewing is veilig vir besetting verklaar.

Woensdagmiddag se ontploffing het een lewe geëis en minstens 48 mense is beseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×