Toe hy die kleintjie se ogies sien, het hy die sak waarin die oorskot van ‘n piepklein babatjie in ‘n stormwaterdrein gevind is, dadelik weer toegemaak. Werner Schraber het in sy voertuig by die Hoërskool Doktor Bohmer gewag, toe werkers in die omgewing hom gister roep om te kom kyk. Schraber, wat weens die aard van sy beroep gereeld in lykshuise werk, het aan Rosestad-nuus gesê die gru-fonds het hom diep geruk. Juis omdat dit die liggaampie van ‘n baba is wat sommer so weggegooi is.
Voorts vertel Schraber die lyfie is so klein, dat dit in ‘n skoenboks sou kon pas. Die oorskot was in ‘n swart drasak, binne-in ‘n plastieksak. Die polisediens asook die buurtwagte van Wilgehof, Ferreira en AfriForum het het by die toneel opgedaag nadat hulp ontbied is. Die babatjie is op die toneel dood verklaar.